Please update your Flash Player to view content.

Peet Cilliers

Wit Dorperstoet

Kontak Besonderhede

Peet Cilliers
White Dorper Stud

Sel: 083 310 8284
Tel: 054 338 0023
E-pos: peet@peetcilliers.co.za
Peet & Retha Cilliers

Inteken Vorm

Webblad Soek

Wie is aanlyn

Ons het een besoeker en geen gebruikers aanlyn

Nuus Artikels

Plaasaanvalle

Afrika-tekentaal wyd in misdaad gebruik - LUKAS SWART

Plaasaanvalle is nie 'n onoorkombare probleem nie. Met 'n deeglike kennis van gevegsaanduidings en die Afrika-tekentaal hoef boere nie meer in vrees te lewe nie.

Pomabaza, 'n trekarbeider uit Pondoland, het onder die naam Mabaza uit die Transkei na Durban verhuis om in die Durbanse tronk te gaan werk. Dit was ongeveer 1836 en waarskynlikheid die amptelike begin van die tronk-era in Suid-Afrika. Mense is vroeër ook toegesluit, maar dit was die eerste keer dat daar tronkbewaarders en 'n tronkbevelvoerder was.

Pomabaza het die opset in die tronk goed leer ken - 'n opset wat glad nie deur swart mense verstaan is nie en waarteen hulle gou weerstand gebied het. Hierdie onbegrip spruit uit hul eie kultuur. Om die swart misdadiger of plaasaanvaller te verstaan, moet 'n mens sy kulturele gelowe verstaan.

Nadat hy by die tronk weg is, is Mabaza na 'n grot waar hy vir ongeveer ses maande gewoon het. Hier het hy by die voorvadergeeste kers opgesteek oor die probleem dat die tronkstelsel nie in ooreenstemming was met die swart kultuur waarvolgens alles aan almal behoort en 'n mens na vrye wil by ander kan afvat wat jy nodig het nie. Hy is volgens oorlewering in dié tyd persoonlik deur die geeste onderrig om 'n misdaadstelsel op die been te bring. Dié stelsel word vandag nog gebruik. Hy het homself besny en tot Pomabaza ("die man van Pondoland wat geskenke gee") herdoop.

Toe Pomabaza uit die grot kom, het hy sy misdaadplan geïmplementeer. Hy het die Afrika-tekentaal, wat reeds aan die inisiasieskole bekend was, onder swart leiers gepropageer as die troefkaart waarmee die blankes uit Afrika gedryf kon word. Die taal moes vir buitestanders geheim gehou word. Enige swart mens wat dit sou waag om met 'n blanke daaroor te praat, moes summier vermoor word. Indien die blankes hul geheim sou uitvind, sou dit, volgens hom, die swart mense die geleentheid ontneem om weer beheer oor die wit mense te verkry.

Pomabaza het sedert 1836 die inisiasieskole, wat in wese onskuldig was, stelselmatig gekaap om in te pas by die nuwe misdaadplan. Só is die eens onskuldige en geweldlose Afrika-tekentaal omskep om ook 'n misdaadtaal te word.

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) is in 1912 gestig en het die misdaad-georiënteerde inisiasieskole beskou as die ideale werktuig om die kommunistiese doelstellings te bevorder. Die kommuniste het dit geïnfiltreer en die naam na Zamagaza verander.

Die doel van die Zamagaza-plan ("ZA-geskenke-plan") in die kommunistiese stryd was om die land deur misdaad só onregeerbaar te maak dat daar regverdiging vir die bestaan van die latere "struggle" sou wees. Die Zamagaza-komplot is intussenwêreldwyd deur die kommuniste ingestel.

Dit laat 'n mens wonder of die "struggle" ooit werklik teen apartheid was. Die SAKP en die ANC is al in 1912 gestig, terwyl apartheid eers in 1948 tot stand gekom het. Ten spyte van die feit dat lande soos Kenia, Tanzanië, die Kongo, Zambië, Angola, Zimbabwe en Mosambiek nooit apartheid gehad nie, is dieselfde "struggle" daar gevoer en dieselfde Zamagaza-komplot daar gesmee.

Om te veel oor die Afrika-tekentaal te praat en die inhoud daarvan vrylik te publiseer, is nie aan te beveel nie. Ongeveer 69 % van alle geweldsmisdaad word deur swart mense teen swart mense gepleeg. Dit beteken swart mense wat die taal ken, pas dit toe op ander swart mense wat die taal ken.

Wit mense wat die taal ken, het die voordeel dat swart mense in die algemeen blankes se vermoë om die taal te verstaan, onderskat. Daarom word die oordrag van inligting hieroor beperk tot spesiale seminare waar 'n geselekteerde groep mense opgelei word in die geheime van die taal. Hierdie mense kan dié inligting tot hul eie voordeel gebruik.

Wat baie belangrik is, is om nie tekens te verwyder nie. Mense wat dit doen, het al veroorsaak dat die misdadigers hul tekens begin aanpas het om so min as moontlik aandag te trek. Hulle gebruik dan piepklein voorwerpe wat nie deur gewone mense as tekens geïdentifiseer kan word nie. Só kan jy nie agterkom dat 'n rooftog of 'n plaasaanval beplan word nie. Gelukkig is die taal só wyd in gebruik en bestaan dit al só lank dat misdadigers dit in werklikheid nie te ingrypend kan verander nie.

Kennis van die Afrika-tekentaal het talle voordele vir boere. Hoe meer mense in 'n gemeenskap bewus en op hoogte van die taal is, hoe beter sal hulle in staat wees om misdaad in die algemeen en plaasaanvalle in besonder suksesvol te voorkom.

Plaaswagpatrollies wat gedoen word sonder dat die lede kennis van die Afrika-tekentaal het, is volgens my "stof-opskop-patrollies" en 'n vermorsing van tyd en geld. Mense wat beweer dat dit misdaad, soos diefstal en plaasaanvalle, beperk, is gedeeltelik reg omdat voertuie soms op plekke en in omgewings is waar die misdadiger sy misdryf wil pleeg. Omdat hy bang is om herken of uitgevang te word, laat vaar hy soms die misdryf wanneer die patrollies in die omgewing is. Maar in ander gevalle doen misdadigers hul beplanning nadat die patrollies verby is.

Met 'n kennis van die tekens kan jy steeds patrollies ry, maar dan net op die plekke waar die misdaad beplan word (waar daar tekens aangebring is). Dié stelsel stel jou nie net in staat om doeltreffender te patrolleer nie, maar ook om presies te bepaal hoeveel veediefstalle vir die maand beplan was en hoeveel wel plaasgevind het en hoeveel voorkom is.

Gebruik kennis tot eie voordeel
Die Afrika-tekentaal is vir die eerste keer in 1836 deur 'n man genaamd Pomabaza vir misdaaddoeleindes gebruik. Mabaza beteken geskenk. Omdat hy van Pondoland afkomstig was, is die Po-gedeelte voor sy naam gevoeg. Die gebruik van die Afrika-tekentaal in misdaad het sedertdien deurlopend uitgebrei. Vandag speel dit 'n sleutelrol in die meeste misdaadkomplotte in Afrika - ook in plaasaanvalle.

In dié artikel - die tweede aflewering oor die Afrika-tekentaal en die laaste artikel in Landbouweekblad se reeks oor plaasveiligheid - verduidelik mnr. Lukas Swart, 'n kenner van plaasveiligheid, hoe Pomabaza dié taal vir misdaad inspan het en waarom. Hy vertel ook hoe die swart kultuur die optrede van misdadigers beïnvloed en hoe boere kennis van die Afrika-tekentaal tot hul eie voordeel kan gebruik.

Onderwerpe wat in die reeks bespreek is, is die impak van plaasaanvalle op die land se ekonomie, die rol van die Regering en verkiesingsintimidasie in die voorkoms van plaasaanvalle en hoe die media kan help om plaasaanvalle te voorkom; hoe bendes en opponerende groepe, soos Pagad, daarin slaag om gemeenskappe en selfs statutêre magte te intimideer; die misdaadelement wat vir plaasaanvalle verantwoordelik is en waarom misdadigers tot aanvalle oorgaan; die tipiese profiel van die plaasaanvaller en die slagoffers; en hoe iemand moet optree as hy of sy aangeval word.

Kultuur beïnvloed gedrag
In die meeste swart kulture word die mens nie as 'n individu beskou nie, maar as 'n lid van 'n groot groep. Swart mense glo dat alles op aarde geskenke is wat aan die hele groep behoort en nie deur individue vir hul uitsluitlike gebruik toegeëien kan word nie.

'n Goeie voorbeeld hiervan is die Swazi-man wat onlangs Mount Everest uitgeklim het. Sy huis in Swaziland is agterna deur die gemeenskap aan die brand gesteek omdat hulle geglo het "sy huis het meer kamers as ons huise en hy het meer geld as ons". Hulle het dit geïnterpreteer dat hy van die groep gesteel het.

Die verwagting was dat hy die geld wat hy verdien het met hulle moes deel. Nie net sy huis het deurgeloop nie. Sy vrou en kinders moes vlug vir hul lewens nadat die gemeenskap hulle ook aan die brand wou steek.

In die swart kultuur is daar verder 'n geloof dat pessimistiese gedagtes lei tot nadelige optredes of gebeurtenisse. Hulle kan byvoorbeeld glo dat as die weerlig iemand doodslaan dit die gevolg van iemand anders se slegte gedagtes is.

By Marikana in Noordwes is 'n twaalfjarige meisie deur die weerlig doodgeslaan. Die gemeenskap is toe na die toordokter, wie se dolosse bepaal het dat sý slegte gedagtes die kind se dood veroorsaak het. Hy is summier deur die gemeenskap aan die brand gesteek. Hy is uitgebrand weens die kulturele geloof dat iemand wat 'n vuurdood sterf van sy voorvadergeeste afgesny word as hy sy laaste asem uitblaas. Só 'n mens word glo tot in die buitenste duisternis uitgewerp waar sy pessimistiese gees nie nog ongelukke oor die gemeenskap kan bring nie.

17 Junie 2005

Geplaas op Lanbou.com

More Articles...

  1. Slagpryse kan kop oplig
Kopiereg © 2012. Peet Cilliers - White Dorper Stud. Ontwerp & Onderhou deur Web Ateljee - Studioz.