Please update your Flash Player to view content.

Peet Cilliers

Wit Dorperstoet

Kontak Besonderhede

Peet Cilliers
White Dorper Stud

Sel: 083 310 8284
Tel: 054 338 0023
E-pos: peet@peetcilliers.co.za
Peet & Retha Cilliers

Inteken Vorm

Webblad Soek

Wie is aanlyn

Ons het 8 besoekers en geen gebruikers aanlyn

Nuus Artikels

Slagpryse kan kop oplig

'Slagpryse kan kop oplig' - Deur KANTOORBOER

'n Oorsig van die gebeure op die afgelope week se vleismarkte, asook 'n kykie vorentoe, deur 'n bekende veeboer.

Doelwit:
Die doelwit met hierdie kort berig is om aan veeboere 'n mening te gee wat is besig om te gebeur met veepryse en om as norm te dien wat om in die komende week en maand te verwag. Die doel is dus om bestaande inligting van verskillende bronne bymekaar te sit en te interpreteer.

Waarneming:
Die waarneming word gefokus op sleutel-veilings en abattoirs se pryse wat oor die land versprei is. Hierdie punte sal uitgebrei word - hou Landbouweekblad se webwerf en die geelbladsye dop en kry van die veilingsyfers op jou selfoon.

Verder word na ontledings en vooruitskouings soos die van AMT en ENB gekyk, die RPO se riglynpryse (Noord-Kaap, Noordwes en Limpopo) word in ag geneem en kwartaalliks word prof. Johan Willemse se werkwinkel bygewoon.

Kuruman - speenkalwers af, ongeveer R1/kg, lammers af, bok af.
Kroonstad - speenkalwers af R1/kg, slagkoeie meer af en slagbulle effe op.
Frankfort - stoorlammers effe op, slaglammers af, stoorskaap af.
Gouda - beesste, soos Kuruman en Kroonstad, en lammers effe af.
RPO - Die riglyn is sywaarts met Bees. A2 af in Noord-Kaap en C2 is op in Limpopo. Skaap sywaarts behalwe vir Noord-Kaap lam is af.

Fundamentele faktore:
Vleispryse word grootliks bepaal deur die vraag na vleis wat weer deur die besteebare inkomste van die publiek bepaal word. Speenkalf- en stoorlampryse word afgelei van die vleispryse (slagpryse) en die voerkoste (wat grootliks aan die mielieprys gekoppel is). Die aanbod van beide slagdiere en speenkalwers of stoorlammers het 'n bepaalde invloed op pryse en word hoofsaaklik deur produksie- en bemarkingsomstandighede bepaal. KantoorBoer gaan poog om 'n oog hierop te hou en verandering in die fundamenteles onder die leser se aandag te bring en so 'n geheel perspektief te bevorder.

Vraag na vleis gaan onder druk bly vir die res van die jaar as gevolg van druk op die ekonomie. Die inpak van rentekoerse, laer groei, stygende inflasiekoers en Eskom (produksie en werksekerheid), sal gevoel word in swakker of konstante vraag (nie groei nie).

In Januarie was dat daar 'n tekort aan mielies aan die einde van die ou seisoen en 'n groot oes in die nuwe seisoen. Die sentiment het beter geword vir vroeë mielies en swakker vir die nuwe oes en het die prysverskil tussen ou en nuwe mielies op SAFEX grootliks verdwyn. Huidige verhoudings beteken dat stoorlam- en speenkalfpryse onder druk sal bly omdat voerkrale nie beweegruimte het nie.

By hierdie eerste aflewering moet oor produksie waargeneem word dat:
Die somerseisoen is goed oor die grootste deel van die land, terwyl die oostelike helfte gemiddeld en ondergemiddeld is. Dit is veral noord KZN, om Nelspruit en die ou Transkei wat uitstaan as swakker gebiede.
Neem kennis dat gunstige planttoestande aanleiding gegee het tot weiding wat omgeploeg is en dus gedurende die groeiseisoen, die beskikbare weiding beperk.
Februarie was relatief droog oor die grootste deel van die somerreëngebied. Maart was selfs swakker in seker gebiede en dit is die oostelike deel van die land wat uitstaan as ondergemiddelde reënval. Ook die noordelike dele van Limpopo was weer droog in die laaste gedeelte van die somerseisoen. Temperature het reeds heelwat gedaal en min groei sal verder plaasvind in somerreënvalgebied.

Vooruitskouing:
Vir die volgende maand wil dit lyk of slagpryse teen die end van die maand kop sal optel as gevolg van die kort slagweek en verhoogde vraag. Speenkalf- en stoorlampryse sal sywaarts en af beweeg as gevolg van aanbod. Lammers kom heelwat in vanaf Namibië en speenkalwers se pryse word afgedwing deur hoë mieliepryse.
Geskryf deur Louis Hauman, 'n veeboer van Kuruman. Dié vooruitskouing sal voortaan elke week op landbou.com gepubliseer word.
Besoek sy webwerf by: http://www.kantoorboer.co.za/ - dié plek vir besluitnemingsinligting vir veeboere.

17 April 2008

Kopiereg © 2012. Peet Cilliers - White Dorper Stud. Ontwerp & Onderhou deur Web Ateljee - Studioz.